Tuis

Japie Goosen
Die mondfluitjie is 'n wonderlike ding, dis seker die enigste instrument waar 'n speler diep emosie kan toepas deur sorgvuldige beheer van die 'in-en-uit-aseming' van 'n melodie . . . wat gewoonlik lei na gestreelde en bekoorde harte  . . . . indien 'n meester dit bespeel.


Ongelukkig is daar baie min sulke spelers oor in Suid Afrika. Die rede hiervoor is nog onbekend, intussen lewer die res van die wêreld duisende bekwame spelers elke jaar op. ``Die Suid-Afrikaanse publiek is nie bewus van die mondfluitjie as 'n musiekinstrument nie. In Rooi China is daar byvoorbeeld vyf mondfluitjie fabrieke. Sowat 'n kwartmiljoen mondfluitjies word per week verkoop. Dit is meer as wat nog ooit in ons land verkoop is en nog verkoop gaan word,'' sê Vincent van Rooyen. Vincent sê die moontlike rede daarvoor is dat die mondfluitjie 'n tradisionele instrument in baie Europese lande is en dat elke mens daar al op 'n stadium mondfluitjie gespeel, een besit of probeer speel het. Ander blameer die woord ''bekfluitjie'' asof hierdie spotnaam dit kan bemagtig om 'n hele nasie 'onkundig' te maak.

Persoonlik dink ek dis daardie eerste stap wanneer jy die bekfluitjie in jou mond sit, wat die ''maak of breek'' slag is, eerstens . . . dit maak geen sin nie, waar is die note?? . . . dit klink so deurmekaar . . . en nog voor jy regkom skreeu iemand: "Daai ding maak my mal!" of "Kry vir jou 'n ordentlike job" . . . vinnig word dit in 'n laai of onder die bed gegooi. Kyk maar hoe vinnig maak die ouers 'n mondfluitjie verdwyn wanneer jy vir hulle kind een gee . . . want struikel blokke en opposisie kom van alle rigtings. Dis baie jammer want as ons eers die konsep of uitleg van die mondfluitjie verstaan is dit eintlik 'n baie eenvoudige instrument om te speel en te bemeester.

Oom Vincent van Rooyen het gesê: "Dis baie maklik, dis soos fietsry, jy sukkel eers so 'n bietjie, dan skielik kom jy reg" . . . en dis een probleem opgelos, oefen, oefen, oefen, totdat jy regkom. Nog 'n struikel-blok is miskien 'n groter probleem vir baie, waar kry jy 'n stilplekkie ver weg van ander mense, waar jy heeltemal afgesonder is van 'oordeel', waar jy nie 'n vertoning hoef te lewer nie, waar jy dieselfde stukkie musiek 'n honderd maal oor en oor kan speel sonder die vrees van kritiek.  Kyk waar is hierdie speler se stilplekkie!!  Kliek ook HIER.

Art Daane not "Selena Gomez"
Art Daane
Hierdie webblad is gestig om almal te help om verby daardie "eerste struikel-blokke" te kom. Hier gaan baie lesse gelaai word soos byvoorbeeld; mondfluitjie informasie, geskiedenis en baie, baie videos om met daardie eerste stap af te reken. (Help is natuurlik ook baie welkom!!)

En as jy al reeds kan speel, veral Afrikaans-, Boeremusiek en volksliedjies, plaas dit op YouTube of Facebook en stuur vir ons 'n skakel, dan laai ons dit hier onder jou naam. Bly intussen asseblief geduldig en geniet die videos en liedjies wat reeds gelaai is. Of probeer die mondfluitjie tablatuur 'TABS'  . . .

Groette
Japie Goosen